Die stigter van Meta se Oculus-platform mag dalk sukkel om vrywilligers te kry wat bereid is om sy nuutste skepping – ‘n VR-kopstuk wat jou letterlik kan doodmaak – uit te toets.
NerveGear, wat deur die 30-jarige Oculus-stigter Palmer Luckey ontwerp is, “vernietig die brein” van die speler onmiddellik as hy in die virtuele speletjie doodgaan.
NerveGear lyk soos ‘n gewone kopstuk, behalwe vir die drie vreesaanjaende “explosive charge modules’ wat na die speler se kop gedraai is. Wanneer die gebruiker virtueel tydens ‘n speletjie doodgaan, “skiet” die modules na die speler se kop en maak hom onmiddellik dood.
Luckey het erken die kopstuk is nog nie heeltemal klaar nie, alhoewel hy dalk gaan sukkel om toestemming te kry om dit te gebruik as dit voltooi is.
Luckey het in 2014 op die ouderdom van 21 sy firma Oculus aan Meta vir $3 biljoen verkoop.
“Die idee om jou regte lewe aan ‘n virtuele avatar te verbind, het my nog altyd gefassineer,” sê Luckey. “Spelers word forseer om weer te dink oor hoe hulle in die virtuele wêreld optree.”
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



