Emalahleni (Witbank), Mpumalanga is aan die brand, kyk video’s hier:
Gisteraand het protesaksies in KwaGuqa gewelddadig geraak en verskeie winkels is aan die brand gesteek.
Die polisie is teenwoordig en het motoriste gewaarsku om veral die N4 naby KwaGuqa-inkopiesentrum en Vosman-pad te vermy. Die paaie was steeds laat gisteraand nog geblokkeer.
Matrikulante kon nie gister hulle Wiskunde-vraestel skryf nie en is gevra om na enige skool die naaste aan hulle te gaan in ‘n poging om dit wel te skryf.
In die eerste video is Pick n Pay in Uitbreiding 5.
In die tweede video is Ackermans en Pick n Pay.
Die protesaksies het uitgebreek as gevolg van elektrisiteitsonderbrekings.
Connie Nkalitshana, uitvoerende burgemeester van die plaaslike munisipaliteit, sou die inwoners gisteraand toespreek om die elektrisiteitstoevoer te herstel.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



