Video: Lourens Adriaanse groet rugby vanweë kankerdiagnose

Deel hierdie storie / Share this story

Lourens Adriaanse (34), Sharks-rugbyspeler, het ‘n emosionele aankondiging in ‘n video gemaak waarin hy sy uittrede tot rugby in SA, veral vir die Cell C Sharks vir wie hy uitgedraf het, bevestig het.

Hy is ongeveer twee maande gelede met limfoomkanker gediagnoseer en moes noodgedwonge besluite neem wat sy lewe pas.

Hy het die afgelope paar maande as rof beskryf, maar sê ook dat dit goed gaan met sy behandeling wat reeds halfpad is.

Hy plaas nou sy familie en homself eerste. Van volgende jaar af gaan hy sy studies op Stellenbosch voltooi. Hy spreek sy dankbaarheid uit vir ‘n werk wat oor sy pad gekom het terwyl hy kanker het en die geleentheid wat hy gegun word.

Hy bedank almal wat hom in sy 12 jaar loopbaan ondersteun het, asook diegene wat hom hierdie afgelope paar maande bystaan het in sy kankerstryd.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.