Video: Kyk man spring uit voertuig en hardloop bosse in uit vrees vir olifant

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Vreesbevange man het eerder die bosse in ‘n wildreservaat verkies, bo ‘n olifant wat naby die motor waarin hy was, gestaan het.

In die video wat op Facebook gedeel is, kan gesien word hoe hy as passasier uit die motor spring en die bosse inhardloop.

Die voorval wat op ‘n Hluhluwe-wildreservaat plaasgevind het, is deur Musa Mntambo, KZN Wildlewe-woordvoerder, bevestig. Volgens Mntambo is die man onbekend en geen beserings is aangemeld nie.

Wat sou jy kies? Olifant of leeu?

Bron: Pretoria FM

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.