Onderwysstudent sterf ná kankerdiagnose

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Jong onderwysstudent van Bloemfontein is oorlede nadat sy op 8 Oktober met akute mieloïde leukemie (AML) gediagnoseer is.

Rochelle Coetzee (27) is Saterdagoggend in die Mediclinic in Bloemfontein oorlede, berig Volksblad.

Sy het vir sewe dae intensiewe chemo gekry en haar familie was baie hoopvol dat sy die kanker sou oorwin.

Graham, Rochelle se broer, is intussen getoets om te kyk of hy ‘n geskikte beenmurgskenker kan wees.

Die Bloemfontein internis dr. Frieda Pienaar het al reëlings vir ‘n beenmurgoorplanting in Kaapstad begin tref.

Die chemo het ongelukkig Rochelle se immuunstelsel vernietig en sy het infeksies gekry, asook septiese skok opgedoen.

Rochelle het ‘n graad in sielkunde gehad en het haar TEFL-kursus voltooi. Sy het aanlyn klasse in Engels vir kinders in China gegee.

Rochelle was ook besig met haar B. Ed grondslagfasegraad by die Universiteit van Noordwes. Sy het verlede jaar as ‘n onderwys-assistent by die C&N Primêre Meisieskool Oranje gewerk.

Daar sal Vrydag ‘n roudiens vir Rochelle in die Lewende Woord-kerk in Langenhovenpark gehou word.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel