Die departement van basiese onderwys het gesê die vyf groot onderwysunies gaan nie deelneem aan die week se beplande staking deur die openbare sektor nie. Die matriekeksamen sal ook soos normaal voortgaan.
Dit sal die eerste nasionale staking deur die Vereniging van Staatsamptenare (PSA) in ‘n dekade wees. Die staking gaan oor lone met die vakbond wat die regering se loonverhoging van 3% onder inflasie wat hierdie maand geïmplementeer gaan word, verwerp het en eerder ‘n verhoging van 6,5% eis.
Intussen vra ’n aantal ander vakbonde vir ’n 10%-loonverhoging.
‘n Woordvoerder van die departement van basiese onderwys, Elijah Mhlanga, het gesê die staking kan die beweging van onderwysers en leerlinge na en van skole ontwrig. Die vervoer van vraestelle is ook ‘n bekommernis.
Bronne: Eyewitness News, Cape Talk
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Nog optogte in Iran na dood van student



