VSA teiken beweerde Isis-lede in Suid-Afrika

Deel hierdie storie / Share this story

Die Amerikaanse tesourie het vier lede van ‘n beweerde ISIS-sel wat glo in Suid-Afrika bedrywig is, geïdentifiseer.

Dit volg net meer as ‘n week nadat die VSA teen ‘n moontlike terreuraanval in Sandton gewaarsku het.

Die Durbanse sakeman Farhad Hoomer en drie van sy medewerkers word daarvan beskuldig dat hulle ondersteuning aan Isis verskaf het. Hoomer en twee van die mans is in 2018 in hegtenis geneem omdat hulle glo agter ‘n reeks bomaanvalle in Durban was.

Die Amerikaanse tesourie het nou sanksies teen die vier ingestel.

Bronne: eNCA, Briefly, Moneyweb

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: ‘Ek is nie betrokke by terreurdreigemente nie, sê Durbanse man