Twaalf mense is beseer toe ‘n taxi Sondagaand op die R555 by Sundra gerol het.
ER24 en die provinsiale EMS het net na 18:00 op die toneel aangekom en ‘n taxi gevind wat op sy sy langs die pad gelê het. Verskeie mense wat in die taxi was, het langs die voertuig gelê.
Paramedici het die beseerdes behandel. Twee volwassenes was in ‘n kritieke toestand terwyl tien ander ligte tot matige beserings opgedoen het. Die twee kritiek beseerdes is van gevorderde lewensondersteuning voorsien voordat hulle na nabygeleë hospitale vir verdere sorg vervoer is.
Die presiese besonderhede rondom hierdie voorval is onbekend, maar plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoeke.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



