Dis ‘n jaar nadat die paartjie Jason Jonker (26) en Rochelle Drury (24) ‘n dag na mekaar selfdood gepleeg het.
Jonker se ma, Maureen Labuschagne, het op ‘n plasing op Facebook foto’s van Jonker gedeel en gesê: “Maak nie saak wat wie sê nie ek sal jou memories hou en jou hier hou terwille van jou seun Dandre Jason Jonker.

Jonker is op 1 November net na 06:45 in sy woonstel in Griekwastad deur sy werkkollegas gevind nadat hy nie opgedaag het vir werk nie en hulle bekommerd geraak het.
Rochelle Drury (24), met wie hy twee jaar in ‘n verhouding was, was ‘n skoonheidsterapeut in Bloemfontein. Sy het twee dae later óók selfdood gepleeg.
Lt.kol. Covane, polisiewoordvoerder in Bloemfontein, het laasjaar aan FiND iT bevestig dat Drury se lewelose liggaam by Bloemcare met ‘n tou aan die stortraam gevind is. Sy is glo net na Jonker se dood op 2 November in dié hospitaal opgeneem.
“Ek wens net my kind het met my gepraat,” het ‘n gebroke Labuschagne destyds aan FiND iT gesê.
Volgens Labuschagne het Jonker die naweek by Drury en hul seuntjie, *Pieter, toe 11 maande, in Bloemfontein gekuier.
Die paartjie het glo woorde gehad, waarna Rochelle toe Potchefstroom toe is vir die naweek. Nadat sy Sondag weer terug was in Bloemfontein, het hul egter weer vasgesit, waarna Jason toe gesê het dat hy eerder teruggaan Griekwastad toe om sy kop skoon te kry. “Ek het nooit gedink die naweek sal die laaste keer wees dat ek my seun sal sien nie.”
Labuschagne het vroeër aan FiND iT gesê Jonker het die naweek voor sy dood geensins enige tekens gewys dat hy tot staat is tot so iets nie.
“Ons het niks vermoed nie. Hy was die vriendelike kind wat ons ken. Dis die laaste ding wat ek verwag het.”
Pieter is tans in pleegsorg by Drury se ouers. Drury het nog ‘n seuntjie, *Samuel (3), by met haar eks-man.
*Skuilname
Indien jy of enigeen wat jy ken hulp nodig het, skakel die Suicide Crisis Helpline by 0800 567 567 of Sadag 0800 12 13 14
Lees die vorige artikels hier:
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



