Jason môre te ruste gelê

Deel hierdie storie / Share this story

Jason Jonker, die 26-jarige man, wat op 1 November op Griekwastad selfdood gepleeg het, word môre finaal gegroet.

Sy meisie, Rochelle Drury (24), het ook twee dae later in Bloemcare haar eie lewe geneem.

Die paartjie het ‘n 11 maande oue babaseuntjie. Drury het ook ‘n driejarige seuntjie uit haar vorige huwelik. Albei kinders is op die oomblik in pleegsorg by Drury se ouers in Bloemfontein.

Jonker se ma, Maureen Labuschagne, sê die Lewende Woord Kerk in Bloemfontein, het genoeg spasie om 250 mense te akkommodeer.

 Jy kan ook hier virtueel na die begrafnis kyk: https://fb.me/e/OHKmUmZm

Indien jy selfdoodgedagtes het, kan jy Befrienders Bloemfontein 24 uur van die dag by 051 444 5000 kontak.