Stert van pasgebore baba verwyder

Deel hierdie storie / Share this story

’n Menslike stert is onlangs van ’n pasgebore baba verwyder nadat ‘n Brasiliaanse babaseun daarmee gebore is. Daar is wêreldwyd slegs ongeveer 40 aangemelde gevalle van babas wat met sulke sterte gebore is.

Die baba is normaal op 35 weke van ’n gesonde swangerskap gebore en die stert, wat ’n bal aan die einde het, is eers by geboorte opgelet.

Die stert was 12 cm lank en dit het met ’n sonar aan die lig gekom dat die stert nie aan die baba se senuweestelsel geheg is nie. Chirurge het besluit om die stert te verwyder.

Die operasie is in The Journal of Pediatric Surgery Case Reports opgeneem en is sonder enige komplikasies uitgevoer. Daar is egter geen besonderhede gegee oor hoe die operasie gedoen is nie en ook nie oor hoe dit na die tyd met die babaseun gaan nie.

In sommige gelowe en kulture word mense met sulke sterte as heilig beskou en word hulle aanbid.

LEES OOK: Kimberley Online Co. 12 November 2021