Die 51-jarige Sandra Pittout is al vir meer as ‘n maand vermis.
Kapt. Gerda Swart, polisiewoordvoerder, sê die polisie vra dringend die gemeenskap se samewerking om die vermiste Pittout op te spoor.
Pittout het op 1 September vanjaar vermis geraak. Sy is laas gesien toe sy in Algoastraat in Kariega geloop het.
Volgens kapt. Swart is dit nie bekend wat Pittout ten tye van haar verdwyning aangehad het nie. Sy is 1,5m lank en weeg 55kg.
Enigiemand met inligting oor waar Pittout kan wees, skakel adj.-off. Jerome Niekerk by 084 200 0455.



