Videoskakel: Het jy al Disney se nuwe video vir die Kersseisoen ‘The Gift’ gesien?

Deel hierdie storie / Share this story

Kyk die video hier: https://fb.watch/gBLVRj_ESk/

Disney se nuwe video vir die Kersseisoen, wat twee dae gelede vrygestel is, spog met die naam The Gift.

Die Suid-Afrikaanse weergawe van die titellied, A Little More, word deur Ray Malo, ‘n kunstenaar uit eie bodem, uitgevoer. Dit is deur Sofia Quinn en Rose Tan geskryf.

Die video wys die nuwe toevoeging tot ‘n familie, as geskenk, tydens Kersfees en hoe ‘n Mickey Muis-speelding, wat voorheeen vir die ouer kind vir Kersfees gegee is, deur haar by die baba in die wiegie geplaas word.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.