‘n Vrou (23) is Vrydagmiddag in Oaklands, KZN verkrag en van haar selfoon beroof.
’n Inwoner van Firwoodweg het Reaksie-eenheid Suid-Afrika (Rusa) omstreeks 19:27 gekontak nadat die vrou by hul huis opgedaag het om hulp te soek.
Reaksiebeamptes is ontbied. Die vrou het verduidelik sy het van Oaklands na Mhlasini in Everest Heights gestap toe sy deur twee mans in ‘n wit Opel gekonfronteer is. Een van die verdagtes het ‘n rietmes gehaal en die vrou opdrag gegee om in die motor te klim. Hulle het haar na ‘n afgesonderde plek geneem voordat een van die verdagtes haar in ‘n bos ingesleep en verkrag het. Sy is ook van haar selfoon beroof.
Sy het daarin geslaag om deur digte plantegroei te vlug toe hy haar vir die tweede keer probeer verkrag het. Die vrou het daarna hulp by inwoners gevra.
Reaksiebeamptes het ‘n uitgebreide soektog na die verdagtes gedoen, maar geen arrestasies is gemaak nie.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



