Pedofiel-pastoor sit 59 jaar

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Pastoor van Oudtshoorn, wat aan kinderverkragting, seksuele aanranding en die besit van kinderpornografie skuldig bevind is, is Woensdag effektiewelik 54 jaar tronkstraf opgelê, berig Oudtshoorn Courant.

Stephanus Olivier (60) is in die Oudtshoorn-streekhof aan die verkragting van ‘n 13-jarige in 2003 en ‘n 14-jarige vanaf 2011 tot 2015 skuldig bevind.

Olivier, ‘n voormalige pastoor van die PPK-gemeente op Oudtshoorn, is in 2018 by sy huis in Wesbank in hegtenis geneem. Hy is Woensdag ‘n totaal van 59 jaar tronkstraf opgelê, waarvan vyf jaar samelopend met een van sy ander vonnisse uitgedien sal word.

Ter versagting van sy vonnisoplegging het Olivier self getuig, asook een van sy gemeentelede, Fransika Sauer.

Streeklanddros Daniel Boks het Olivier op die volgende klagte skuldig bevind:

1. Onsedelike aanranding (2003) 13-jarige.

2. Onsedelike aanranding (2003) 13-jarige.

3. Verkragting (2003) 13-jarige.

4. Verkragting (2003) 13-jarige.

5. Onsedelike aanranding (2003) 13-jarige.

6. Verkragting (2011-2015) 14-jarige.

7. Seksuele aanranding (2011-2015) 14-jarige.

8. tot 16. Besit van kinderpornografie.

21. tot 37. Besit van kinderpornografie.

Volgens die klagstaat het een van die voorvalle by die kerk plaasgevind.

Vonnisoplegging:

• Klagte 1, 2 en 5 is saam geneem vir vonnisdoeleindes – ses jaar.

• Klagte 3 en 4 is saam geneem vir vonnisdoeleindes – 20 jaar.

• Vir klagte 6 – 20 jaar.

• Vir klagte 7 – agt jaar.

• Klagte 8 tot 16 en 21 tot 37 is saam geneem vir vonnisdoeleindes – vyf jaar.

• Hy is op klagte 17 tot 20 onskuldig bevind.

Die eerste klaer, wat tydens die beweerde verkragtings 13 jaar oud was, het in 2020 in detail verduidelik wat tydens die beweerde voorvalle gebeur het.

Volgens haar getuienis in die hof aan die staatsaanklaer, adv. Michelle Weyers, was twee van die beweerde molesteringsvoorvalle in die Olivier-huis waar sy vir twee weke gebly het. Twee van die beweerde verkragtingsvoorvalle was by die kerk en die ander by ‘n kantoor waar Olivier gewerk het.

Volgens haar het sy nie dadelik iemand van die beweerde voorvalle vertel nie, omdat sy nie werklik iemand kon vertrou nie, maar sy het later haar stiefma van die molestering ingelig. Haar stiefma het egter gesê dat dit nie ‘n goeie idee is om haar pa daarvan te vertel nie, aangesien haar pa Olivier iets sou aandoen.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel