‘n Vrou van Pretoria het harsingskudding opgedoen nadat ‘n groot struktuur by Loftus Versfeld Sondag op haar geval het.
Die struktuur is reg rondom die rugbyveld opgesit om te keer dat toeskouers nie kan oorklim tot op die rugbyveld nie.
‘n Dringende ondersoek is intussen van stapel gestuur.
Die vrou en haar gesin het Sondag die rugbywedstryd tussen die Sharks en die Blou Bulle op Loftus gaan kyk.
Sy het aan Maroela Media vertel dat sy en haar dogter na die wedstryd by die struktuur gewag het terwyl haar kleindogter foto’s geneem het.
Haar dogter het ligte nekbeserings opgedoen.
Die struktuur is omtrent die hoogte van ‘n normale palissade wat as heinings by huise gebruik word.
Sy is per ambulans na die Life Groenkloof-hospitaal geneem.
Volgens Maroela Media oorweeg die vrou en haar man om ‘n siviele saak te maak.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



