Die VF Plus het sy mening gegee oor ‘n dokument in hulle besit waarin die departement van basiese onderwys riglyne gee oor geslagsidentiteit en die voorsiening wat daarvoor in skole gemaak moet word.
Dr. Wynand Boshoff VF Plus-LP en hoofwoordvoerder het gister ‘n mediaverklaring uitgereik waarin hy sรช hierdie riglyne is slegs aan ‘n beperkte gehoor bekendgestel.
Nadat vrae aan die uitvoerende gesag gevra is, het die VF Plus geen antwoorde teruggekry nie.
Hy lig van die riglyne uit wat voorstel dat badkamers in skole met privaat hokkies toegerus moet word sodat leerders van enige geslagsidentiteit privaatheid gegun word.
Daar mag ook nie aangedui watter toilette aan watter geslagte toegeken word vir gebruik nie.
Lees die volledige verklaring hier:
๐๐๐ฉ๐๐ซ๐ญ๐๐ฆ๐๐ง๐ญ ๐ ๐๐ ๐ซ๐ข๐ ๐ฅ๐ฒ๐ง๐ ๐จ๐จ๐ซ ๐ข๐ง๐ฌ๐ฅ๐ฎ๐ข๐ญ๐ข๐ง๐ ๐ฏ๐๐ง ๐ฏ๐๐ซ๐ฌ๐ค๐ข๐ฅ๐ฅ๐๐ง๐๐ ๐๐๐๐๐๐ ๐๐๐๐๐๐๐๐๐๐๐ ๐จ๐ฉ ๐ฌ๐ค๐จ๐จ๐ฅ: ‘๐ง ๐๐จ๐จ๐ซ๐๐๐๐ฅ๐ ๐ฏ๐๐ง ๐ฉ๐๐ซ๐ค๐๐ฅ๐จ๐ฌ๐ ๐ข๐ง๐๐ข๐ฏ๐ข๐๐ฎ๐๐ฅ๐ข๐ฌ๐ฆ๐
Mediaverklaring uitgereik deur:
๐๐ซ. ๐๐ฒ๐ง๐๐ง๐ ๐๐จ๐ฌ๐ก๐จ๐๐
VF Plus-LP en hoofwoordvoerder: Basiese onderwys
3 November 2022
Die VF Plus is in besit van ล dokument wat die departement van basiese onderwys se riglyne vir die insluiting van verskillende gender-identiteite in skole bevat. Hierdie riglyne is egter nog slegs aan โn beperkte gehoor bekendgestel.
Die uitvoerende gesag het skriftelike vrae van die VF Plus hieroor onbeslissend beantwoord en het ook versuim om te reageer op โn ledeverklaring wat Dinsdag na aanleiding daarvan in die parlement gemaak is.
Hierdie versuim versterk die indruk dat dit amptelik is, maar tans uit die openbare oog gehou word.
Een van die riglyne in die dokument is dat skole badkamers met private hokkies moet toerus sodat leerders van enige gender-identiteit in totale privaatheid kan aan- en uittrek en toilet toe gaan.
Geen teken mag buite vertoon word om sekere kleedkamers aan sekere geslagte toe te wys nie. Dit, terwyl puttoilette nog voorkom.
Administratiewe riglyne word ook gestel, insluitend dat leerders nie volgens hul sogenaamde โdead nameโ aangespreek mag word nie. Dit is die naam wat aan hulle toegeken is voor die besluit om met ล ander gender te identifiseer.
Die VF Plus se waarneming is dat die ideologie van radikale individualisme hiermee die beheer oor onderwys neem.
Die algemene siening is dat elke mens โn vryswewende individu is, wat letterlik oor alles โn keuse kan uitoefen โ in hierdie geval selfs oor geslag.
In die radikale individualisme lรช gemeenskapsnorme die individu aan bande โ selfvervulling is eers moontlik indien dit verbreek word. Die enigste geskikte optrede vir familie- en gemeenskapslede is om die individuele keuse te steun.
Die VF Plus verteenwoordig โn ander siening van die mens se plek in die wรชreld. Die individuele mens is ondenkbaar sonder die gemeenskap โ word selfs verwek deur gemeenskap. Die gemeenskap word uit gesinne en families opgebou en vorm weer deel van groter gemeenskappe, kultureel en polities.
โn Ordelike samelewing kan nie sonder gemeenskapsnorme bestaan nie. Nogtans is daar binne enige gemeenskap uitsonderings, of mense wie se persoonlike identiteit nie met die gemeenskapsnorme saamval nie.
โn Totalitรชre gemeenskap wat die norme afdwing, word inderdaad nie voorgestel nie.
In โn liefdevolle en funksionele gemeenskap word uitsonderings erken en gerespekteer, maar steeds as uitsonderings beskou.
Elke gemeenskaplikheid, van die huwelik tot badkamers by skole, kan nie opnuut gekonseptualiseer word, asof die uitsondering die norm is nie.
Die VF Plus steun skoolbeheerliggame wat die gemeenskapsiening in hul skole wil handhaaf.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



