Man se liggaam in treintoilet gevind

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie het Donderdag gesê hulle het ’n onbekende man se liggaam in ’n treintoilet in Indië gekry.

Die polisie het gesê hulle glo die man het dae voor die trein van Bihar vertrek het op die trein geklim en is binne die toilet dood nadat hy die deur gesluit het.

Ram Sahay, spoorwegpolisiebeampte, het aan AFP gesê hulle het Sondag die deur oopgedwing nadat passasiers oor die reuk gekla het.

Die Saharsa–Amritsar Jan Sewa Express het toe al byna 24 uur van sy beginpunt af gereis. Die hele reis duur 35 uur.

Indiese media het gesê die trein is vir byna vyf uur vertraag terwyl beamptes probeer het om die man se identiteit met ander reisigers na te gaan voordat die reis na Amritsar hervat is.

“Ons weet steeds niks van die man nie,” sê Sahay. “Hy het waarskynlik die trein binnegegaan toe dit nog stilgestaan het en het twee of drie dae voor die liggaam ontdek is op sy eie gesterf,” het hy gesê.

Sanjay Rai, ’n dokter by die spoorweghospitaal, het aan The Times of India gesê die man “ het gesterf nadat hy moontlik in ’n koma gegaan het”.

Die owerhede het sedertdien plakkate oor ‘n vermiste man op spoorwegstasies in Bihar versprei.

Bronne: IOL, Gulf News, Times of India

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Man wat twee meisies vermoor, kry lewenslange tronkstraf plus 35 jaar