“Sy praat elke dag met my. Hierdie vyf dae sonder enige kontak is nie normaal nie.”
Die 24-jarige Casandra Schroeder van Kemptonpark is al vir meer as ‘n week vermis.
Haar ma, Zarina, het aan FiND iT gesê haar dogter is Donderdag laas gesien.
“Sy het my Donderdag van ‘n vreemde nommer af gebel en gesê dat sy nie kan praat nie, dat haar selfoon gesteel is en dat sy sal kontak maak sodra sy ‘n nuwe selfoon het.”
Sy sê sy is bekommerd omdat Casandra gewoonlik ‘n manier kry om met haar te kommunikeer, maar dat dit nou al vyf dae is sedert sy met haar gepraat het.
“Geen van haar vriende weet waar sy is nie en sy is ook nie op enige van die plekke waar sy normaalweg is nie.”
Zerina sê haar dogter sal binnekort as vermis aangemeld word by die polisie.
Indien jy enigiets weet, kontak Zerina by 076 298 7269.




Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



