Kyran Ditlow (18) het Dinsdagmiddag in ‘n dam langs die agtste putjie by die Port Elizabeth-gholfklub verdrink.
Ditlow se ma, Marysia Pottas Potgieter, het gister die boodskap op haar Facebook-blad gesit:
‘Hi almal, ek het vandag baie slegte nuus gekry ek gaan n rukkie af wees.
Nee ek hardloop nie weg nie.
My seun het vandag sy lewe verloor.
Sodra ek by is sal ek met julle gesels.
RiP my liefste seun
Kyran Ditlow’
Vier uur gelede het sy gesê hoe moeilik dit is om op die tweede dag van Kyran se afsterwe die wêreld in die oë te moet kyk. “Sonder my boodskap al was hy elke dag dieselfde. Sonder my tee 100 keer ‘n dag. Sonder my “eks lief vir jou moeder.” Hoe gaan ek dit doen elke dag van nou af…..”
‘n Video van ‘n hartroerende oomblik waar duiwe en ballonne losgelaat is kan hier gekyk word:
https://web.facebook.com/100062886421781/videos/5974734319211527/
Kyran het op 21 Oktober die volgende vir sy ma geplaas:

Fotokrediet Kyran Ditlow Facebook-blad
Kol. Priscilla Naidu sê die polisie is kort voor 16:00 na die gholfklub ontbied.
“Ditlow en twee vriende het in die dam geswem en terselfdertyd gholfballe uitgeduik toe hy probleme ondervind en verdrink het.”
KPR is op hom toegepas, maar hy is op die toneel dood verklaar.
‘n Geregtelike doodsondersoek is geregistreer.
Maritsa Ditlow het die volgende geplaas:
“Rus in vrede seuna Kyran Ditlow ❤💔😭 sterkte my man Vincent Ditlow en Marysia Pottas Potgieter ….i just dont have words that can heal the pain you feel …but know i am here for you”
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



