Ken jy die meisie op die foto van 15 jaar gelede? Ons soek haar

Deel hierdie storie / Share this story

Op 16 Desember 2007 het Albert Bredenhann by Irene-mall gaan sit en foto’s geneem van die kinders wat in die water speel.

Vandag, 15 jaar later, is hy op soek na die “Irene-meisie”.

“As die mammas aangedraf gekom het, het ek die foto’s vir hulle gewys en dit dan op ‘n DVD gesit wat hulle vir R50 gekoop het. Ek dink ek het R300 gemaak op daardie dag.

“Maar nou wonder ek… Wat het van die kinders geword?”

Volgens Albert moet die meisie nou ongeveer 20 jaar oud wees.

Kan die “Irene-meisie ná 15 jaar opgespoor word?