Casey Williams (18) wat op Saterdag 29 Oktober om ongeveer 12:15 in die Stompdrift-dam verdwyn het, is gevind.
Sers. Christopher Spies, polisiewoordvoerder, sê polisieduikers het sedertdien sy verdwyning ‘n soektog gelei en het sy liggaam op Dinsdag 1 November om ongeveer 13:00 ontdek.
Williams was deel van ‘n groep van ongeveer 10 leerders van Study House Education op George wat op ‘n naweekuitstappie vir vaardigheidsbou by die Stompdrift-dam was. Williams en van sy vriende het glo gaan swem omdat dit warm was, toe hy onder die water verdwyn het.
Daar was genoegsame en voldoende toesig toe die voorval plaasgevind het. Williams en sy vriende was op ‘n opblaasmatras toe ‘n wind hulle omgewaai het. Hy het na die wal probeer swem, maar het onder die water verdwyn.
‘n Volwassene het na hom toe geswem om hom te help, maar kon hom nie vind nie.
De Rust-polisiestasie het ‘n geregtelike doodsondersoek geregistreer en die ondersoek wat tot die omstandighede van sy verdrinking gelei het, duur voort.
Williams laat sy ouers, Craig en Maggie, en jonger suster Hannah agter.
Study House Education het die volgende boodskap op hul Facebook-blad geplaas:
“It is with deep sadness that Study House Education mourns the untimely passing of Casey Williams on Saturday 29 October. Casey was a special young man, loved and respected by teachers and students alike for his consistently cheerful and positive attitude, his kindness and helpfulness. He will be deeply missed. Our condolences go to his parents, Maggie and Craig, and his sister Hannah. We pray God’s grace and enfolding love upon them and all who grieve with them.”
‘n Begrafnisdiens sal op 5 November gehou word by die Joshua Generation Church op George.
Bron: George Herald en Study House Education
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



