Twee Belgiese klimaataktiviste het Woensdag twee maande tronkstraf gekry, waarvan een opgeskort is, na hulle sop op die “Girl with a Pearl Earring-skildery van Johannes Vermeer by ’n museum in Nederland gegooi het.
Die voorval was die nuutste in ‘n reeks aanvalle op kunsmeesterstukke in Europa, in ‘n poging om bewustheid oor klimaatkwessies te kweek.
Die aktiviste se verhoor is vinnig gereël, aangesien hulle aangekla is van vernietiging van en “openbare geweld” teen die skildery.
’n Derde aktivis sal Vrydag in die hof verskyn nadat hy die vinnige verhoor geweier het.
Nederlandse aanklaers het gevra vir tronkstraf van vier maande, met twee maande opgeskort. Hulle het aangevoer dat die beskuldigdes die skildery “aangeval” het omdat hulle “gevoel het hul boodskap het voorrang bo alles.”
Die regter het gesê die vonnis is daarop gemik om protesoptrede te ontmoedig.
Bronne: DW – South Africa, CNN, ABC News
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Aktiviste teiken skildery van ‘Girl with a Pearl Earring”



