Vier mense is Dinsdag dood en verskeie beseer toe vyftien voertuie op die N3 in Durban in ‘n reuse-ongeluk betrokke was.
Netcare 911-paramedici sê lede is Dinsdag omstreeks 09:20 na die toneel ontbied waar 15 voertuie in ‘n botsing betrokke was.


Een van die motors was volgens Netcare 911 onder ‘n vragmotor vasgekeer en al vier insittendes van die voertuig is op die toneel dood verklaar.

Vyf mense is in ‘n kritieke toestand.
Beeldmateriaal van die ongelukstoneel word wyd op sosiale media versprei.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



