Wat het hierdie kustenaars in gemeen?

Deel hierdie storie / Share this story

Die Lyfie-liedjie deur bekende sangeres, Bernice West, wat fantastiese oplewing maak deur haar dansuitdaging, is ‘n ou bekende onder verskeie sangers.

Positiewe boodskappe stroom oor die liedjie in. Dink jy ook dat die liedjie hoop, veral vir kinders, bring?

Die besonderse liedjie wat almal aan die dans het, is ook al deur sangers Jo Black, sowel as Pieter Koen, gesing.

West het intussen bekend gemaak daar gaan ‘n musiekvideo van die liedjie gemaak word en die inskrywings stroom in van mense wat video’s van die dansuitdaging maak. Daar was ‘n kompetisie waarin West pryse vir video’s weggegee het. Nou kan jou video jou moontlik in die musiekvideo laat eindig.

Die feit bly staan, maak nie saak wie en waar nie, die liedjie is ‘n treffer.

West se weergawe kan in ‘n video op haar sosiale media gesien word. Daar is ook video’s wat jou inlig hoe om in aanmerking vir die musiekvideo te kom.

Video’s wat volop en baie oulik is, kan gesien word deur van die #LyfieChallenge gebruik te maak.

Pieter Koen het so geskryf:

So laat loop ons met “Lyfie”

Kyk nou net…ek het hierdie liedjie in 2020 opgeneem en onlangs het nog n bekende kunstenaar ook so gemaak…een en dieselfde liedjie ðŸ¤”😆🤪

Eg Suid-Afrikaans”

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.