‘n Man (64) van Las Vegas is Donderdag in hegtenis geneem vir ‘n moord wat in 1980 plaasgevind het ná DNA onder die jong meisie se vingernael hom aan die moord verbind het.
Daily Mail berig die 64-jarige Paul Nuttal is in hegtenis geneem vir die moord op die 25-jarige Sandra DiFelice, ‘n ma van een, wat op 26 Desember 1980 dood is.

Die jong ma is verkrag en aangerand voor Nuttal haar die dag na Kersfees in 1980 vermoor het. Nuttal is op aanklagte van moord, seksuele aanranding en inbraak in hegtenis geneem.
Speurders van die Las Vegas Metro-polisiedepartement het Maandag die aankondiging in die 42 jaar oue moordsaak gemaak.
Hy sal na verwagting vandag in die hof verskyn.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



