‘n Bekende egpaar van Noordwes is Dinsdagoggend in hul huis geskiet.
‘n Rower het na bewering die egpaar se huis op Kosmos binnegegaan terwyl hulle geslaap het.
Alastair en Michelle Mckenzie, albei 62, is omstreeks 02:00 in hul bed geskiet, berig die plaaslike koerant Kormorant.
Die egpaar was die eienaars van die Squires-restaurant.
Hul kinders, Greg en Lexi, het glo wakker geword van die skote en hul ouers bebloed in hul kamer aangetref. Hulle het met die egpaar na ‘n hospitaal gehaas.
Lt.kol. Amanda Funani, polisiewoordvoerder in Noordwes, sê ‘n saak van poging tot moord en huisroof word ondersoek.
“Die rowers het glo toegang deur die skuifdeur, wat nie gesluit was nie, gekry. Die dogter kon nog nie bevestig watter items uit die huis gesteel is nie. Niemand is nog in hegtenis geneem nie,” sê Funani.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



