Nóg ‘n voertuig by krans af by Voëlklip

Deel hierdie storie / Share this story

Nóg ‘n voertuig het glo Dinsdag volgens die polisie by Voëlklip naby Heroldsbaai, buite George, oor die afgrond gery.

Polisiewoordvoerder, kapt. Malcolm Pojie, sê hulle is na die toneel ontbied nadat die publiek tekens gesien het van ‘n voertuig wat moontlik oor die afgrond gestort het.

Nooddienste was op die toneel.

Die gebied het in die verlede talle tragedies beleef, met lewens wat verlore gegaan het nadat voertuie teen dié krans afgestort het.

Hou FiND iT dop vir meer besonderhede.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel