Amanda se karamel-piesang-yskastert

Deel hierdie storie / Share this story

Hier is ‘n heerlike resep vir ‘n karamel-piesang-yskastert.

Bestanddele:

1 pakkie tennisbeskuitjies, fyngemaak
125 ml margarien, gesmelt
2 blikkies karamel-kondensmelk
3 groot, ryp piesangs

Metode:

Spuit ‘n 19 cm-tertbord. Meng die krummels en margarien saam, en druk vas in tertbord. Klits die karamel tot glad en skep in tertkors. Doop die piesangs met skil en al in kookwater. Skil af en sny in skyfies. Rangskik dit bo-op die karamel. Sit in yskas om te verstewig. Geniet! – Amanda Austen, Food Lovers Recipes

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel