Twee studente sterf tydens vertrapping by Halloween-vieringe

Deel hierdie storie / Share this story

Meer as 150 mense is dood in ‘n vertrapping wat Saterdag in Suid-Korea tydens Halloween-vieringe plaasgevind het.

Video’s wat op sosiale media gedeel word, wys hoe liggame in die strate van die stad op die grond lê, hoe nooddienswerkers probeer om mense aan die lewe te hou en liggame onder ander probeer uithaal.

Dis nie bekend wat die vertrapping veroorsaak het nie.

Twee studente van Amerika is tydens die Halloween-vieringe dood. Die twee jongmense is as Anne Gieske en Steven Blesi geïdentifiseer.

Gieske, ‘n junior verpleegstudent aan die Universiteit van Kentucky, was hierdie semester in Suid-Korea as deel van haar studieprogram, het die universiteit in ‘n verklaring gesê.

“Ek het die verskriklike hartseer verantwoordelikheid om u in te lig dat ons een van ons eie studente die naweek verloor het,” het Eli Capilouto, hoof by die universiteit, gesê. “Mense in die skare het in ‘n stadium bo-op mekaar beland en mekaar vertrap. Meer besonderhede oor die voorval is nog nie bekend nie.”

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel