Altesaam 134 persone, insluitend kinders, is dood na ‘n voetbrug vroeër in Indië oor ‘n rivier meegegee het.
Volgens Daily Maverick het die polisie ook nege mense in hegtenis geneem as deel van die kriminele ondersoek in een van die land se dodelikste ongelukke in die laaste dekade.
Beeldmateriaal wat geneem is voor die brug inmekaargesak het, wys hoe ‘n groep jong mans foto’s neem terwyl ander probeer om die brug van een kant na die ander te wieg. Die kabels wat die voetbrug ophou, gee dan in.
Polisie in Gujarat het aan Reuters gesê nege mense is in hegtenis geneem tydens die ondersoek.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



