Daar sal Donderdag 3 November ‘n troosdiens vir Janke en Lieze Coetzer vanuit die NG Kerk Jan Kempdorp plaasvind.
Janke Coetzer (19) en haar vriendin Odine Swanepoel, en Janke se jonger sussie Lize (16), ‘n leerling aan Hoërskool Diamantveld in Kimberley, is in ‘n motorongeluk oorlede toe ‘n ander motor teen hulle voertuig vasgery het.

Martiné Degenaar en Albie Schutte was ook in die motor en is in Lenmed-hospitaal in Kimberley opgeneem.
Lt.kol. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, het aan FiND iT bevestig die ongeluk het Saterdagaand om 19:45 plaasgevind.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



