Vervaardigers van iPhone bring dubbelkajuitbakkie op mark

Deel hierdie storie / Share this story

Foxconn (Hon Hai Technology Group), iPhone-vervaardigers, maak nie net selfone nie, maar bring nou ‘n dubbelkajuitbakkie op die mark.

Dit is Taiwan se eerste tuisvervaardigde elektriese dubbelkajuitbakkie en word die Foxtron Model V genoem wat battery-aangedrewe is.

Die vervaardigers het vroeër konsepte vir die elektriese voertuie bekendgestel en gesê dat die eerste produksiemodelle reeds in 2023 gaan arriveer.

Die bekendstelling is op 18 Oktober op die Hon Hai Tech Day in Taipei gemaak. Dit sluit ook ‘n Model B Crossover-sportnutsvoertuig (SUV) in om hul reeks elektriese voertuie uit te brei.

Die bakkie is ‘n eentonner met die kapasiteit om drie ton te sleep. Hy kan 4 x 4 ry en het in die plek van tru-en deurspieëltjies live-feed kameras wat die bestuurder help.

Liu Young-way, voorsitter en uitvoerende hoof van Foxconn, het tydens die bekenstelling gesê die dubbelkajuitbakkie sal in Taiwan, Thailand en die VSA geproduseer word.

Daar is verder sprake dat Foxconn ‘n ou General Motors-fabriek in Lordstown Ohio, VSA wil aanskaf.

Bron: Motortrend en South China Morning Post

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.