Die hele land is geruk na die gru-ongeluk waarin drie jongmense, Janke Coetzer (19), haar vriendin Odine Swanepoel, en Janke se jonger sussie, Lize (16), oorlede is.
Martiné Degenaar en Albie Schutte is ook in die ongeluk beseer en word tans in die LenMed-hospitaal in Kimberley behandel.
Drie ander mense is ook in die ongeluk dood.
Janke en Odine was beide studente aan die NoordWes-universiteit.
‘n Omstander op die toneel het aan FiND iT gesê die vyf jongmense, wat in die Polo was, was op pad na Hartswater toe ‘n Hyundai Tucson vanuit ‘n noordelike rigting gekom het. Die Tucson se bestuurder het glo oor die pad gery en die Polo het probeer uitswaai. Die twee motors het mekaar toe reg van voor getref.
Lees die vorige berig hier.
Die VF Plus het ook vroeër gesê die afsterwe van die ses mense in die botsing “onderstreep die gebrekkige toestand van die pad op tragiese wyse”. Lees hier.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



