’n Straathond in Mexico het met ’n afgekapte kop in sy bek weggehardloop van ’n misdaadtoneel.
Die polisie het die voorval bevestig en gesê die owerhede het uiteindelik daarin geslaag om die kop by die hond af te vat, het Associated Press berig.
‘n Wetstoepasser het aan die media gesê die kop en ander liggaamsdele is laat Woensdag in ‘n OTM-hokkie (outomatiese tellermasjien) in die dorp Monte Escobedo gelaat.
Die menslike oorskot is met ‘n boodskap gelaat wat na ‘n dwelmkartel verwys, het die polisie gesê.
Dog running down the street with a human head. #dogs #head #mexico #running #crazyvideos #wtfvideos #lookatthis💩 #huemongrind pic.twitter.com/vob1vUAfKM
— the HUEMON GRIND (@SuperHuemon) October 28, 2022
Bronne: IOL, Twitter, NY Post
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



