Brendan Peyper bedank almal vir hulle hulp, maar is steeds sonder sy droombakkie

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Uitasem Brendan Peyper wat stap, het gister ‘n video op sy Facebook-blad geplaas om dankie te sê vir al die ondersteuning wat hy ontvang het.

Hy het grappenderwys gesê: “En aan al die ‘Ford-manne’ wat altyd gesê het, ja ja ja ja, ‘n Hilux-man moet ook so nou en dan kan stap…wat nou presies my situasie is.”

“‘n Kar is ‘n materialistiese ding. Dit was nou wel my droombakkie wat gesteel is, maar dit is maar wat dit is.”

Kyk hier na die video:

https://web.facebook.com/reel/3321043571508102

Brendan Peyper het Saterdagaand hulp gesoek pas nadat sy bakkie buite Loftus Versfeld gesteel is.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.