Bakkie met skoolkinders rol

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Bakkie wat skoolkinders vervoer, het vanoggend op die Edendale-pad, Kwamnyandu, Kwa-Zulu Natal gerol.

Privaat ambulansdienste van KZN was op die toneel.

Die bestuurder van die bakkie het glo beheer verloor en die bakkie het gerol en teen die kant van die pad teen ‘n wal te lande gekom.

Tydens mediese assesering is gevind dat een beseerde ernstig en 14 lig beseer is. Al die beseerdes is eers op die toneel behandel voordat hulle na ‘n hospitaal geneem is vir verdere behandeling.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.