Vermiste man wat met veldmotorfiets gaan ry, dood gevind

Deel hierdie storie / Share this story

Ryan Leach van Ballito, wat gistermiddag vermis geraak het, se liggaam is vanoggend naby Glendale in ‘n gewilde omgewing vir veldmotorfietsryers gevind.

Leach het na bewering alleen ‘n enkelbaan vir veldmotorfietse aangepak, waartydens hy ‘n ongeluk gehad en met sy motorfiets geval het.

Dylan Meyrick, woordvoerder vir IPSS Medical Rescue, sê hy het afdraand gery toe die ongeluk gebeur het. Om ongeveer 12:30 het hy sy swaer vir hulp gekontak en ‘n penplek (pin location) aangestuur.

‘n Soekgeselskap kon die motorfiets opspoor, maar nie vir Leach nie.

As gevolg van die terrein is ‘n soek-en-reddingsoperasie om 14:30 deur sy familie, vriende, soek-en-reddingspanne, paramedici en lede van die motorfietsgemeenskap onderneem, maar moes as gevolg van die weer en sigbaarheid om 02:00 vanoggend afgelas word.

Soek-en-reddingshonde, asook ‘n hitte-sensor-hommeltuig was ook onsuksesvol om Leach op te spoor.

Soekspannne het met eerste lig die soektog hervat waarna Leach, reeds oorlede, ongeveer 300 meter van waar sy motorfiets gevind was, gekry is.

Hy laat sy vrou, Nancy en twee dogters van agt en een jaar oud agter.

Sy vrou Nancy het ongeveer ‘n uur gelede die volgende boodskap op haar Facebook-blad geplaas:

“Riaaaan ………. I’m not gonna lie, I’m so angry. This was not how our story was meant to unfold. We had plans, goals, dreams and we have the girls that were so entwined in every piece of that puzzle. You were just so perfectly MY person. I’m so sad that we didn’t have more time…… but I’ll ALWAYS be your Larry. Please be there for the girls more than anything, they miss you so much already. I love you with everything in me 😭😭😭😭😭😭😭😭”

FiNDT iT Nuus spreek simpatie aan familie en vriende uit in hierdie moeilike tyd.

Bronne: IPSS Medical Rescue en North Coast Courier

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.