Transgender-aktivis koop Mej. Heelal-kompetisie

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Thaise transgender-aktivis en besigheidsmagnaat het die Mej. Heelal-kompetisie in ‘n landmerk-transaksie gekoop.

Op 28 Oktober het die hoof- uitvoerende beampte van die Thaise maatskappy, JKN Global Group PCL, Anne Jakkaphong Jakrajutatip, haar maatskappy se verkryging van die wêreldbekende organisasie vir $20 miljoen aangekondig.

Die internasionale kompetisie was voorheen deur IMG Worldwide LLC, wat dit in 2015 by Donald Trump gekoop het, besit.

In ‘n persverklaring het Jakrajutatip die stap beskryf as ‘n “sterk, strategiese toevoeging” tot die onderneming se portefeulje.

Dié suksesvolle sakevrou is ‘n uitgesproke voorstander vir die transgemeenskap en het selfs die nie-winsorganisasie Life Inspired For Transsexual Foundation geskep (per USA Today).

Met die amptelike aankondiging van die aankoop het Jakrajutatip die eerste vrou geword wat die gewilde franchise in sy 71-jarige geskiedenis besit.

Kort nadat die nuus bekend gemaak is, het die entrepreneurhaar haar doelwitte vir die jarelange handelsmerk in ‘n onderhoud met Reuters so verwoord:

“Dit is ‘n universele platform … ek kan die aspirasie word vir soveel mense, veral vroue, LGBTQ, sodat hulle kan transformeer,” het sy aan die nuusagentskap gesê.

Bronne: Gay Times, Star Observer

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Amerikaners trek aan soos Nazi’s vir Halloween