David Foster nie spyt om weer pa te word in sy 70’s nie

Deel hierdie storie / Share this story

David Foster, die musiekvervaardiger, het vertel dat hy nie spyt is dat hy weer ’n pa geword het in sy 70’s nie.

Foster was 71 toe sy vyfde vrou Katharine McPhee (38) in 2021 geboorte aan hulle seun Rennie geskenk het.

Foster het aan People Magazine verduidelik dat hy nou meer tyd het vir Rennie, wat hy nie met sy ander kinders gehad het nie.

Foster het vyf dogters uit vorige verhoudings – Allison (52), Amy (49), Sara (41), Erin (40) en Jordan (36).

Bronne: IOL, Page Six, Irish Daily Mirror

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Petrolprys styg Woensdag