Laerskool Proteapark se gr. 1’tjies het vanoggend net voor die afskop van die NSS-eksamen vir matrikulante by Hoërskool Rustenburg gaan kuier.
Tydens hierdie mooi gebaar was die matrieks reeds in hul sitplekke in die eksamenlokaal toe die laerskoolleerlinge opdaag om hul sterkte met die eindeksamen toe te wens.
Elke matriekleerling het ‘n spesiale boodskap ontvang.
Hoërskool Rustenburg het op hul Facebook-blad geskryf die Rustie-matrieks sal nie hierdie gebaar van die Parkies vergeet nie en die kleinspan herinner dat dit oor 11 jaar hul beurt sal wees.


Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



