Die Appel val toe nie ver van die boom nie, maar wel ver van die trap af.
Appel, oftewel Christoph Kotze, gewilde Suid-Afrikaanse sanger, het gisteraand by die huis van ‘n trap af geval.
Hy het pas by die huis gekom van konserte in die Kaap toe sy honde volgens hom so bly was om hom te sien dat hy toe die trap af is.
Hy was vir ‘n mediese ondersoek en bevestig hy het sy kruisligamente geskeur sowel as sagte weefsel beseer.
Natuurlik gebeur dit op die vooraand van die gewilde Afrikaans Is Groot-konserte wat in Pretoria afskop.
Na die afhandeling van die konserte moet hy ‘n ortopeed oor sy knie gaan sien.
Maar vir Appel kan jy nie onderkry nie. Hy spog duim in die lug op ‘n foto en sê sy kniestut is sy nuutste mode-toevoeging vir hierdie jaar se AIG-verhoog.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



