Ma en twee kinders vermis

Deel hierdie storie / Share this story

Desire Amelia Hayes (42) en haar twee minderjarige kinders, Melvin Adamson (3) en Amelia Adamson (8 maande) het op Woensdag 26 Oktober om ongeveer 10:00 vermis geraak nadat hulle ‘n huis in De Wetstraat, Alexandria, Oos-Kaap verlaat het.

Hulle is oorspronklik van Lydenburg, ken nie die area van Alexandria nie en is nog nie weer gesien nie.

Desire het nie ‘n selfoon by haar nie en kan nie gekontak word nie.

Sy het ‘n khaki-kleurige broek en ‘n hemp met ‘n blompatroon aangehad toe sy die laaste keer gesien is. Melvin het ‘n paar vellies en ‘n khaki-kleurige broek aangehad.

Desire is klein van bou.

Enigiemand wat inligting het oor waar hulle hul tans bevind, kan kapt. Karel de Vos by 071 606 7283 of 046 653 0095 kontak.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.