In die video wat op sosiale media gedeel word, kan gesien word hoe ongeveer agt gewapende verdagtes glo verlede Sondag ná ‘n rooftog in Fourways, Johannesburg vlug.
Na bewering het hulle oor die parkeerarea gevlug nadat hulle die Samsung-winkel in Fourways Crossing-winkelsentrum in William Nicol-rylaan, Fourways, Johannesburg beroof het.
Die groep het glo R12 miljoen se kameras gebuit.
‘n Werker by die winkel het die rooftog aan FiND iT bevestig en gesê dat hul dankbaar is dat niemand tydens die voorval beseer is nie.
FiND iT het kontak met die polisie gemaak vir meer inligting.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



