Kyk: Polisie aangeval tydens uitwysings

Deel hierdie storie / Share this story

In ‘n video wat deur Yusuf Abramjee gedeel is, kan gesien word hoe polisie vlug nadat hulle glo aangeval word ten tyde van misdaadtoneel-uitwysings.

Die voorval het in Savannah Park, Chatsworth, Durban plaasgevind.

Polisievoertuie beweeg teen ‘n hoë snelheid uit die area met ‘n groep omstanders, oud en jonk, wat hulle met klippe gooi en agterna hardloop.

Na bewering wou ‘n groep mense die verdagte in aanhouding ontset.

FiND iT Nuus het die polisie gekontak vir kommentaar.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.