Hulle is die Top 2 van die gewilde program se tweede seisoen deur Coleske Group (Warner Music Africa) kom eersdaags tot ‘n einde.
Dodo Nyoko en Samantha Leonard se splinternuwe “moontlike” wen-enkelsnitte verskyn nie net reeds op Spotify.com se speellys, nie maar hulle pronk ook op die omslag.
Die wenner word op die Afrikaans is Groot 2022-verhoog tydens die afskopkonsert by die SunBet-arena tydens die vertoning op 4 November aangekondig.
Nie net stap die wenner met ‘n Coleske Group-platekontrak ter waarde van R1 miljoen weg nie, maar kan ook ‘n jaar lank met ‘n Toyota Starlet ry.
Daar het reeds verskeie onderhoude met die laaste twee deelnemers wat hul plekke verdien, plaasgevind. Daar kan egter net een wenner wees en ongelooflike talent het weer hierdie jaar die kompetisie straf gemaak.
Gaan kyk en luister na die twee kunstenaars se vrystellings en video’s, want grootbaas Arnold Coleske hou die syfers dop.
Dui aan watter een van die twee sangers jou wen-gunsteling is.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



