Japannese winkel verkoop per ongeluk plastiektertjies aan klante

Deel hierdie storie / Share this story

’n Winkel in Osaka, Japan, het per ongeluk plastiektertjies aan klante verkoop.

Winkels, soos Andrew’s Egg Tart, in Japan gebruik dikwels plastiekreplikas om te wys watter kos hulle verkoop, want vars tertjies byvoorbeeld bly nie lank vars en aantreklik nie.

 Die werkers by die winkel kon nie die regte eiertertjies uitken van dié van plastiek nie en het per ongeluk die plastiektertjies aan klante verkoop.

Hulle het later om verskoning gevra.

Bronne: NDTV Food, News Naveen, AP Direct

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Kanye West daag ongenooid op by Skechers-gebou