‘n Boer (52) van Canelands, KwaZulu-Natal en een van sy werkers het glo vanoggend om ongeveer 09:27 op ‘n kleinhoewe onder skoot van gewapende verdagte(s) gekom en op die koop toe onder ‘n swerm bye deurgeloop.
Reaction Unit South Africa (Rusa) het op ‘n aktiewe skietery reageer en kort daarna ‘n oproep ontvang dat die boer en sy werker boonop deur ‘n swerm bye aangeval word.
Na bewering het die boer en sy werknemer voetpatrollie gedoen toe skote uit ‘n hoëkalibervuurwapen op hulle afgevuur is. Die boer het met sy eie vuurwapen in die rigting vanwaar hy die skote hoor klap het, beweeg.
Dit was toe hy naby die byekorf kom dat die bye op hom en sy werker toegesak het.
Hulle het glo gehoor hoe ‘n motorfiets uit die omgewing wegjaag terwyl hulle die bye weggekeer het.
Die boer is op die toneel vir bysteke behandel.
RUSA se R44-helikopter het ‘n uitgebreide lugsoektog van die omgewing onderneem maar geen sukses behaal nie.
Lees ook:
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



