Twee werkers beseer toe trekker rol

Deel hierdie storie / Share this story

Twee werkers van Greylands in KwaZulu-Natal is Donderdag beseer toe die trekker waarop hulle was, omgeslaan het.

Volgens Reaksie-eenheid Suid-Afrika (Rusa) Tongaat-operasiesentrum het hulle net na 10:00 ‘n noodoproep vir bystand ontvang.

Met hul aankoms op die toneel waar die trekker gerol het, het hulle die trekker met sy sleepwa en vrag suikerriet op sy sy gekry.

Na bewering was die individue besig om die suikerriet met die trekker te vervoer, toe die bestuurder beheer oor die trekker verloor en hy twee keer gerol het.

Beide die beseerde werkers is per privaat ambulans na ‘n hospitaal geneem vir die nodige mediese behandeling.

Lees ook:

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.