Polisie keer rooftog in Honeydew

Deel hierdie storie / Share this story

Die polisie in Johannesburg het Woensdag flink en vinnig opgetree om ‘n bende wat vermoedelik op pad was om ‘n rooftog uit te voer, voor te keer.

Lt.kol. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, sê vyf verdagtes is in Honeydew in Johannesburg in hegtenis geneem. Ongelisensieerde vuurwapens en twee motorvoertuie is ook gekonfiskeer.

Die polisie het inligting ontvang oor die beweerde beplande rooftog en dat die verdagtes in twee spesifieke motorvoertuie beweeg.

Die polisie het die inligting opgevolg en was op die uitkyk vir die verdagtes toe hulle op die N1 suid-hoofweg voorgekeer is.

Voorlopige ondersoek dui daarop dat die twee voertuie, ‘n VW Polo en ‘n VW Caddy, vervalsde nommerplate gebruik het.

Die vyf verdagtes sal binnekort in die landdroshof verskyn.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel